BHISHO – Die skielike tarief-verhoging van buskaartjies in Nelson Mandelabaai is nog ‘n las op die kontantkort-belastingbetaler, en grens aan uitbuiting deur die regering.
“Wat dit erger maak is dat die Algoa Bus Maatskappy ‘n subsidie van R126.5 miljoen van die Oos-Kaapse regering ontvang in die 2009/10 finansiёle jaar. ‘n Mens sou dink ‘n mate van omsigtigheid sou gebruik word voor die publiek met ‘n prysverhoging op ‘n basiese diens gekonfronteer word,†het mnr. Bobby Stevenson, Oos-Kaapse leier in die Wetgewer, gister (subs: Dins, 4 Aug) gesê in reaksie op ‘n omstrede nuwe buskaartjie-stelsel in die stad.
“Baie verbruikers het geen ander keuse as om die bus te gebruik nie. Dit is veronderstel om ‘n bekostigbare vervoermiddel te wees. Daardie lede van ons gemeenskap wat dit die minste kan bekostig, word weereens die meeste benadeel,†het hy gesê.
Stevenson het versoek dat die provinisiale administrasie ingryp.
“Ons het reeds versoek dat die LUR vir Vervoer aan die Wetgewer verduidlik hoekom die Algoa Bus Maatskappy sy tariewe verhoog het. Skoliere sal byvoorbeeld nou R6.15 betaal waar dit voorheen R2 sou kos vanaf Suideinde na Vierdelaan in Walmer. Dis ‘n roete van slegs ‘n kilometer.
“Die DA wil ook weet waarom daar geen voor-af waarskuwing was nie en of die LUR die redes aanvaarbaar vind. Ons wonder of die LUR bewus is dat ‘n kaartjie die datum en tyd stipuleer en dat dit nie oordraagbaar is na ‘n ander tyd of datum nie.
‘n Vergelyking tussen die ou- en nuwe tariewe wys onrusbarende toenames. ‘n Retoer-kaartjie van R3.80 kos nou R12.30, ‘n enkelkaartjie van R1.90 kos nou R6.15, ‘n weeklange kaartjie was R19.00 en kos nou R61.50 een ‘n kaartjie vir ‘n maand verhoog van R76.00 tot R246.00.
“Die nuwe tariewe is ‘n verhoging van by die 325%. Behalwe vir hierdie belaglike toenames word passasiers verder besteel deurdat die stelsel nie voorsiening maak dat kaartjies oorgedra kan word nie.
“Bus-pendelaars sukkel reeds deur ‘n resessie. Hoeveel meer verwag die regering moet hulle vat?†het Stevenson gesê.
Vir meer inligting, skakel Bobby Stevenson, LW by 0827753444
Leave a Reply