Die toekoms van duisende leerlinge in die Oos-Kaap is onseker weens die ongrondwetlike optrede van die Departement van Onderwys. Die nuutste bulletin waarin poste vir skoolhoofde in die Oos-Kaap geadverteer word, is deur die department as geslote verklaar. Dit beteken dat slegs opvoeders in die Oos-Kaap vir hierdie poste aansoek kan doen.
Die DA is van mening dat hierdie handeling teenstellend is met ons konstitusie. Deur die bulletin geslote te verklaar, word opvoeders van regoor die land van hul grondwetlike reg tot ’n werk waarvoor hulle kwalifiseer, ontneem.
Baie van die Oos-Kaapse leerkragte gee tans oor verskillende redes onderrig in ander provinsies. Hulle word nou verhoed om terug te keer na hul provinsie.
Die DA glo verder dat deur die aansoekers te beperk, ’n situasie geskep word waar dit nie noodwendig die beste kandidaat is wat teenoor ’n pos aangestel word nie. Hierdie bulletin moet as oop verklaar word sodat skoolbeheerrade die geleentheid gegun word om die bes moontlike kandidate vanuit ’n wyer spektrum van aansoekers te kies. Daardeur kan hulle verseker dat die aangestelde geskik is vir die pos en ook die beste kandidaat vir die posisie is.
Dit is die opinie van die DA dat geleenthede vir leerlinge geskep moet word waar hulle toegang tot die beste skoolhoofde moet hê.
As deel van die DA se Agenda van Verantwoordbaarheid, sal ons hierdie aangeleentheid deur middel van mondelinge parlementêre vrae by die volgende sitting van die Wetgewer, aan die LUR van Onderwys, Mahlubandile Qwase, belig.
Vir meer inligting kontak Edmund van Vuuren, LW by 072 184 7840
Leave a Reply