LESSE UIT WERELDBEKER: TOEWYDING MAAK DIE VERSKIL

Die Sokker Wêreldbeker is voorwaar ‘n grootse ondervinding vir Suid-Afrika. Dit het ons gemoed as ‘n nasie aangevuur en ‘n sin van nasionale trots gebring. Dit het gehelp om ons as ‘n nasie te verenig rondom ‘n gemeenskaplike doel en het aan ons ‘n nuwe sin van identiteit gegee. Dit het gehelp om familie en vriende by die huis en oorsee te verbind, en het ook mense van verskillende gemeenskappe bymekaar gebring.

Wie kan onaangeraak bly om die reënboognasie juigend en bankvas agter Bafana Bafana te sien staan en om Suid-Afrika met trots aan die wêreld ten toon te stel. Hierdie is werklik ‘n historiese tyding in Suid-Afrika se geskiedenis.

‘n Paar sinikusse sal dalk opmerk dat dit als net brood-en-sirkus politiek is, omdat dit die aandag weg defleteer van dringende probleme in ons land. Terwyl ‘n mens nooit hierdie probleme mag ignoreer nie, moet ons gebruik maak van die lesse wat ons tot dusver uit hierdie Wêreldbeker-toernooi geleer het.

‘n Mens kan nie anders nie as om beïndruk te wees met die stadions en die doeltreffendheid van al die reëlings. Wat nie verlore mag gaan nie is die dinge wat ons geleer het en wat bygedra het het tot die sukses van hierdie toernooi. Dieselfde energie en toewyding en geesdrif is nodig in alle aspekte van dienslewering in hierdie land.

As ons soveel passie en ywer vir Bafana Bafana en vir die Wêreldbeker in die algemeen kan hê, kan dieselfde energie ingespan word om ‘n sukses van Suid-Afrika te maak. Baie mense vra die vraag – hoekom kan ons ‘n wêreldklas gebeurtenis aanbied, maar ons kan nie wêreldklas dienslewering bied nie. Dit kom alles terug na een woord: toewyding.

Almal moet die nodige toewyding hê om ‘n verskil te wíl maak. Só sal ons Suid-Afrika laat met ‘n volhoubare nalatenskap, naamlik die gees van die Sokker Wêreldbeker wat as inspirasie dien vir al die werk wat nog vir Suid-Afrika as ‘n nasie voorlê.

Bobby Stevenson

DA Leier in die Wetgewer

Bhisho