GEVAARLIKE PAD HERSTEL DANKSY PIENAAR

Die onderstaande brief is onlangs aan die kantoor van Pine Pienaar gestuur van M. Mulder van Crash Motors op Uitenhage:

IS:  GEVAARLIKE PAD TUSSEN UITENHAGE VIA ROCKLANDS TOT BY FICHARDS CORNER

Ek wil van die geleentheid gebruik maak om u te bedank dat u so flink gereageer het op my skrywe insake bogenoemde pad en die nodige voorspraak wat u by die department in Bhisho gemaak het om dringende herstelwerk te doen.

Herstelwerk het reeds begin en toon reeds ‘n groot verbetering.  Die straatligte is ook aangebring tot by die laaste afrit na Kwa-Nobuhle wat snags tot groot voordeel is vir bestuurders van voertuie om betyds loslopende diere raak te sien en sodoende botsings te voorkom.

Die diens wat u by Bhisho verrig gaan nie ongesiens verby nie en voorspoed word u toegewens op u pad vorentoe.