O-Kaapse skole se gebrekkige infrastruktuur die ergste – verslag

O-Kaapse skole se gebrekkige infrastruktuur die ergste – verslag

Byna die helfte van die land se skole met die mees gebrekkige infrastruktuur is in die Oos-Kaap, blyk uit ’n verslag van Equal Education.

Dié organisasie, wat gelyke onderwys bevorder, het Maandag dié verdoemende verslag bekend gemaak.

Volgens die verslag het 3 677 openbare skole in die land steeds een of ander “onvanpaste strukture”, waarvan 1 538 skole in die Oos-Kaap.

In die Oos-Kaap is daar nagenoeg 836 skole wat steeds asbesstrukture bevat, het Horatio Hendricks, die DA se woordvoerder oor onderwys in die Oos-Kaap, in September gesê.

Fundile Gade, die provinsie se LUR vir onderwys, het in reaksie op vrae van Hendricks gesê dit sal die departement byna R3,8 miljard uit die sak jaag om dié materiaal te verwyder.

LEES DIE VOLLE BERIG HIER